2023 Inskrywings

Kliek op Learner Admissions Management Plan vir die departement se aanlynregistrasie sperdatums.

Aansoeke: graad 8 2023
GDO AANLYNREGISTRASIE OPEN OP: 22 JULIE TOT 19 AUGUSTUS 2022
NB! SKAKEL ASB U KIND SE LAERSKOOL INDIEN DAAR ENIGE PROBLEME MET U SELNOMMER, ADRES OF IDENTITEITSNOMMER IS.

Ouers van voornemende graad 8 leerders sal ‘n SMS ontvang wat u na die Gautengse departement van Onderwys webwerf  sal neem om aanlyn te registreer. KYK OOK GERUS NA DIE VIDEO VIR VOLLEDIGE INLIGTING.

KRITERIA VIR DIE AANSOEK:
Ouers/voogde kan vir ‘n minimum van drie skole en ‘n maksimum van vyf skole aansoek doen deur een van die volgende opsies te kies:

  • OPSIE 1: WOONADRES VAN LEERDER
  • OPSIE 2: SIBBE WAT REEDS ‘N INGESKREWE LEERDER BY DIE BETROKKE HOëRSKOOL IS/LAERSKOOL BINNE DIE VOEDINGSAREA VAN DIE SKOOL.
  • OPSIE 3: WERKSADRES
  • OPSIE 4: WOONADRES VAN LEERDER IS BINNE ‘N RADIUS VAN 30 KM VAN DIE SKOOL AF
  • OPSIE 5: WOONADRES VAN LEERDER IS BUITE ‘N RADIUS VAN 30 KM VAN DIE SKOOL AF

STAP 1 TOT 3: OUER/VOOG VERIFIEER DIE INLIGTINGS OP DIE STELSEL (SOOS DEUR DIE LAERSKOOL VERSKAF).

  • Verifieer inligting van ouer en leerder
  • Aanvaar die Bepalings en Voorwaardes
  • Gebruikersverifikasie: Tik u selfoonnommer in en dien u aansoek in
  • Ontvang ‘n OTP wat na u selfoon gestuur is en gebruik dit om op die aanlynregistrasieblad in te teken.
  • Bevestig u woonadres, ‘n OTP sal weer aan u gestuur word
  • Oefen kriteria opsie vir woonadres of werksadres uit
  • Kliek op leerder se naam
  • Kliek op die POPIA-toestemming
  • Voltooi die leerder se inligting en verifieer dit


STAP 4: OUER/VOOG DOEN AANSOEK BY DIE SKOOL VAN U KEUSE DEUR VAN DIE KRITERIA GEBRUIK TE MAAK.

  • Kliek op Apply To Schools. Onthou u kan vir ‘n maksimun van tot VYF skole aansoek doen
  • Kies dit kriteria opsies vir u aansoek
  • Laai die gewaarmerkte dokumente op of volg stap 5. Hierdie dokumente moet in .pdf-, .jpeg- of .pgn-formaat wees en mag nie groter as 2 MB per dokument wees nie.
  • Voltooi se opname en aansoekproses
  • Teken uit


STAP 5: HANDIG GEWAARMERKTE AFSKRIFTE VAN DIE DOKUMENTE BINNE 7 SKOOLDAE VANAF DIE AANSOEK, BY HOËRSKOOL FLORIDA IN.

  • LEERDER SE GEBOORTESERTIFIKAAT
  • LEERDER SE NUUTSTE GRAAD 7 RAPPORT
  • BEWYS VAN WOONADRES (MUNISIPALEREKENING)
  • BEIDE OUERS SE ID-DOKUMENTE
  • AANSOEKVORM (VOLLEDIG INGEVUL EN ONDERTEKEN)


NB! ONTHOU OM U WAGWOORD VEILIG TE BEWAAR AANGESIEN U DIT WEER LATER IN DIE PROSES NODIG GAAN KRY.


DIE DEPARTEMENT SAL ALLE AANBIEDINGE VIR PLASINGS TUSSEN 3 OKTOBER EN 30 NOVEMBER PER SMS NA OUERS/VOOGDE SE SELFOONNOMMERS STUUR. MAAK DUS SEKER DAT JY DIE KORREKTE SELFOONNOMMER(S) TYDENS DIE AANSOEKPROSES VERSKAF.

Indien jy enige onoorkombare uitdagings met die aansoekproses ervaar, is jy welkom om AfriForum om hulp te nader deur onderwys@afriforum.co.za te e-pos of ons hieronder te laat weet.

Maak seker dat u Acrobat Reader het, druk die vorm, vul dit per hand in en gee die by die skoolkantoor in so gou moontlik. Ter wille van netheid, verkies ons dat u ‘n kleur inskrywingsboek by die kantoor kom afhaal, maar as dit nie anders kan nie, is u welkom om die uitgedrukte dokument wat hierby aangeheg is te gebruik.

Ons benodig

1. 2x ID-foto’s saam met die leerder se aansoek, asook

2. ‘n Afskrif van die nuutste rapport.

3. Bring asseblief ook ‘n afskrif van leerder se ID of geboortesertifikaat,

4. ‘n Afskrif van die munisipale rekening waar leerder woonagtig is en laastens

5. Afskrifte van beide Ouers/Voogde se ID dokumnente.

6. Afskrif van doodsertifikaat (indien van toepassing).

Hoërskool Florida