Musieksentrum

Inligting vir nuwe leerders
Musiek word by Hoërskool Florida se Musieksentrum aangebied soos volg:

IN SKOOLTYD: MUSIEK VERVANG SKEPPENDE KUNS (VERRYKINGSVAK) AS VAK:
Gratis onderrig vir Graad 8 & 9 leerders word gedurende die oggende in die verrykingsperiodes aangebied, as een van die afdelings van die verrykingsvakke.  Elke gr. 8 & gr. 9-musiekleerder moet egter ‘n musiekfooi vir die instandhouding van die instrumente en musiekapparaat betaal. 

Hierdie R500.00 per jaar is betaalbaar voor die einde van die eerste kwartaal.  Indien die leerder twee musiekinstrumente sou neem, bly die bedrag slegs R500.00.  Die instrumente wat gratis onderrig word is: klavier, viool,  trompet, Franse horing, tromboon en tuba.  Hierdie klasse word deur voltydse musiekonderwysers gedurende die oggende aangebied en daar kan net ‘n beperkte aantal leerders word op die skoolrooster ingepas.  Doen asseblief so vroeg moontlik aansoek.

Indien jy nie ‘n Hoërskool Florida leerder is nie, kan jy deel wees van ons Musieksentrum.  Verskillende instrumente word aangebied en enige Laerskool-, Hoërskoolleerder of volwassene kan deel wees van die Musieksentrum.  

Kostes is soosvolg:

  1.  REGISTRASIEFOOI 

Per leerder per jaar 

R500-00 

Per huisgesin per jaar 

R700-00 

Hierdie bedrag is betaalbaar voor 31 Januarie 2023 

Dié bedrag is nie terugbetaalbaar by kansellasie nie. 

  1. LESGELDE VIR HOËRSKOOL FLORIDA LEERDERS EN ENIGE LAERSKOOL LEERDERS

Die eerste kwartaal se gelde is betaalbaar einde Februarie.  Die 2de, 3de en  4de kwartale se gelde is betaalbaar binne die eerste twee weke van elke kwartaal.  (Alle gelde is streng vooruitbetaalbaar behalwe as ander reëlings met die Musieksentrum se sekretaresse (me.Bets Swanepoel) in die musiekkantoor, (O17) getref is.) 

        (36 lesse word vir die jaar beplan ) 

♪  30 minute per week 

R1 400-00 per kwartaal 

♪  45 minute per week 

R2 100-00 per kwartaal 

♪  60 minute per week 

R2 800-00 per kwartaal 

BETALINGS KAN OOR 10 MAANDE GEDOEN WORD (Februarie – November) 

Lestye 

Per kwartaal 

Per jaar 

Gedeel deur 10 maande 

♪  30 min. per week 

R1 400-00 

  R5 600-00 

  R560-00 per maand 

♪  45 min. per week 

R2 100-00 

  R8 400-00 

  R840-00 per maand 

♪  60 min. per week 

R2 800-00 

  R11 200-00 

  R1 120-00 per maand 

  1. LESGELDE VIR HOËRSKOOL FLORIDA LEERDERS EN ENIGE LAERSKOOL LEERDERS

           (36 lesse word vir die jaar beplan) 

♪  30 minute per week 

R1 485-00 per kwartaal 

♪  45 minute per week 

R2 227-50 per kwartaal 

♪  60 minute per week 

R2 970-00 per kwartaal 

BETALINGS KAN OOR 10 MAANDE GEDOEN WORD (Februarie – November) 

Lestye 

Per kwartaal 

Per jaar 

Gedeeldeur 10 maande 

♪  30 min. per week 

R1 485-00 

  R5 940-00 

  R594-00 per maand 

♪  45 min. per week 

R2 227.50 

  R8 910-00 

  R8 910-00 per maand 

♪  60 min. per week 

R2 970-00 

  R11 880-00 

   R1 188-00 per maand 

Klik op die registrasie knoppie, en voltooi die registrasievorm volledig en stuur terug aan musieksentrum@florries.co.za

Navrae:

Mev Bets Swanepoel (Sekretaresse)

Telefoonnommer: 011 672 5345
E-pos: musieksentrum@florries.co.za

Mev Tharien Oosthuizen (Departementshoof)

Telefoonnommer: 011 672 5345
Selnommer: 083 763 8293
E-pos: tharieno@florries.co.za

Hoërskool Florida