By Hoërskool Florida is u kind...
Nie net 'n leerder nie,
maar 'n Presteerder!
Kom geniet die reis saam met ons en word ‘n Florrie presteerder.
Welkom by Hoërskool Florida
Hoërskool Florida streef daarna om ‘n leierskool in Suid-Afrika te wees deur die optimum opvoedkundige- en ontwikkelingsomgewing te skep waardeur ons kinders tot volle potensiaal kan ontwikkel.
Florida Hoërskool het goed toegeruste skoolgeboue en sportgronde met drie klubhuise, Gym en X-fit sentrum. Sportvelde: rugby, netbal, atletiek, tennis, hokkie, krieket en ‘n swembad. Die ontspanningsentrum het ‘n snoepie, gimnasium en ‘n gesellige kafeteria. Ons beskik oor twee hotelskole. Funksies kan ook hier gereël word. Hoërskool Florida spog met die grootste binnenshuise skietbaan in die Suidelike halfrond, ‘n drama teater, Filmskool en Radiostasie.
Ons dien getrou
Florrie Beleid
- Al my talente sodanig aan te wend, dat ek God mag eer, wat dit aan my toevertrou het, in die volle vertroue dat Hy beheer het oor elke mens, skool, volk en land.
- Getrou te wees aan die skool waarin ek opgeneem is.
- Respek te toon aan die hoof, personeel en leerders waarmee ek in aanraking kom.
- Respek af te dwing met my houding teenoor andere. Vriendelik, hulpvaardig en opreg te wees teenoor almal met wie ek in aanraking kom.
- Slegs my beste te lewer in elke aktiwiteit waarmee ek besig is en waarin ek my skool verteenwoordig.
- Erkenning te gee aan diegene wat hom/haar op ‘n besondere wyse onderskei.
- Vergewingsgesind te wees teenoor persone wat my te na gekom het.
- Hulpvaardig te wees teenoor minderbevoorregtes en hulpbehoewendes.
- Eerlik en opreg te wees teenoor my meerdere, gelykes en mindere. My te weerhou van enigiets wat my medemens kan kwets, skaad of verkleineer.
- Getrou te wees teenoor die volk, kerk en gemeenskap waartoe ek geroep is, om sodoende ‘n volwaardige burger te word van die land en volk waarin ek behoort.
- Om altyd te streef na reinheid ten opsigte van my persoon, werk en gedagtes, sodat ek deel kan voel van ‘n opgevoede gemeenskap.
Ons streef voortdurend daarna om ons leuse, “Ons dien getrou,” uit te leef.
Wat ouers en leerders moet onthou
Belangrike Gebeurtenisse
Alle belangrike datums en gebeure word met ons Florrie-familie gekommunikeer. Hou ook gereeld die Florrie Fokus asook die D6-kommunikeerder dop.
Inskrywings
2024 Aanlynregistrasies vir Graad 8
Dit is van uiterste belang om ‘n ingeligte keuse te maak aangaande u kind se hoërskoolloopbaan.
Afgesien van ons prestasies op sport- en kulturele gebied, is ons veral trots op ons puik akademiese rekord. Hoërskool Florida spog jaarliks met die meeste vaktoekennings sowel as die meeste personeeltoekennings tydens die distrikprysuitdeling. Ons het vanjaar weer die “Top Achieving Town School” gebaseer op die slaagsyfer, die “Excellence School Award” gebaseer op die gehalte uitslae en die “Overall Excellence School Award” gebaseer op algehele uitslae – alles in ag geneem, gewen.
Ouers/voogde het van 4 September 2023 af SMS’s aangaande plasings ontvang. Maak seker van u status deur op die GDO se webwerf is te teken.
Ons Inligtingsaand vind op Woensdag, 25 Oktober 2023 (18:00 vir 18:30) plaas. Dagboek asb nou reeds die datum. U sal spoedig ‘n uitnodiging ontvang. Tydens hierdie geleentheid sal belangrike inligting aan al ons nuwe graad 8 ouers, voogde en leerders gekommunikeer word.
Hou ook ons sosialemedia platforms dop om op hoogte van Florrie Magic te bly!
www.florries.co.za | https://www.facebook.com/HSFlorida/ | https://www.instagram.com/hsflorida_ins/ | d6 Kommunikator
Kom word deel van die Fantastiese Florrie-Familie!

2023 se
Florrie Hoogtepunte
Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat
Hoërskool Florida het in 2023 die geleentheid vir leerders gegee om deel te wees van ons spog produksie, Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat. Die

JAARLIKSE DISTRIKSPRYSUITDELING
Die jaarlikse Distriksprysuitdeling vir die graad 12-leerders van 2022 het op Vrydag, 3 Februarie 2023 plaasgevind. Baie geluk aan al die onderwysers en leerders wat
Wat ons Florries vir jou bied

Studente

Onderwysers

Matriekuitslae
